praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Gewapende rowers dra polisie-uniforms

Gewapende rowers dra polisie-uniforms

E-pos Afdruk PDF
Polisie in Limpopo het 'n interne ondersoek na 'n Tohoyandou winkelroof deur mans in polisie-uniform geloods, het hulle Donderdag gesê.

Brigadier Lindela Mashigo het gesê geslotekringtelevisiemateriaal wat verkry is deur die SABC TV-nuus het gewapende rowers in polisie-uniforms getoon wat die plaaslike Cash & Carry op 27 Januarie beroof het.

"Ons neem dit baie ernstig op en sal 'n kopie van die CCTV-beeldmateriaal aanvra sodat ons gesigte kan vergroot en sien of ons enige van die rowers kan identifiseer," het hy gesê.

Stilskote van die beeldmateriaal sal gesirkuleer word aan alle polisiekantore in die streek.

As die rowers wel polisiemanne is, sal hulle geïdentifiseer word deur die plaaslike gemeenskap, sê Mashigo.

"Ons het gevalle waar polisiebeamptes in misdaad betrokke geraak het," het hy gesê. "Ons sal hulle wortel en tak uitroei en die wet moet sy gang gaan."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: