Die aantal mense wat na 'n gasontploffing in 'n restaurant by die Festival Mall in Kempton Park Donderdag beseer is, het tot 23 gestyg, het paramedici gesê.
"Drie werkers is nog steeds in 'n ernstige toestand, terwyl die ander vir ligte beserings behandel is," het die Netcare-woordvoerder, Chris Botha gesê.
Die ontploffing het plaasgevind in 'n agterste kamer naby die kombuis van die Mugg & Bean restaurant, het Ekurhuleninooddienste se woordvoerder William Ntladi, gesê.
Hy het gesê die gebied is afgesper. 'n Ondersoek na die oorsaak van die ontploffing duur voort.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





