praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika LUR sê 'derde mag' bedrywig in KZN

LUR sê 'derde mag' bedrywig in KZN

E-pos Afdruk PDF

Die 'Derde Mag' uit die tagtigerjare van die vorige eeu is blykbaar weer terug in KwaZulu-Natal. 'n LUR het die onlangse brand by munisipale kantore aan 'n derde mag toegeskryf.

Die Umkhanyakude-distriksmunisipalekantore in Mkuze, KwaZulu-Natal is waarskynlik doelbewus aan die brand gesteek Donderdag om bewyse te vernietig, het die owerhede gesê.

"'n Derde mag-element word sterk daarvan verdink," het die LUR vir samewerkende regering Nomusa Dube gesê.

Die munisipaliteit se vyf finansieskantore in die noorde van KwaZulu-Natal is heeltemal vernietig deur 'n brand wat uitgebreek het in die vroeë oggendure van Donderdag.

Sy het gesê die brand het saamgeval met 'n ondersoek na wanadministrasie en finansiële wanbestuur wat die munisipaliteit bankrot gelaat het.

"Onder hierdie omstandighede kan ons nie 'n element van wanhoop wat heers onder diegene wat blootgestel kan word en hulle begeerte om bewyse wat hulle kan inkrimineer te verberg, uitsluit nie."

Dit is nie vergesog om te dink daar is 'n derde mag agter die brand van kantore nie, het sy gesê. Dube het gesê die munisipaliteit word ondersoek deur haar departement en 'n span wat deur die burgemeester, Jeff Vilane aangestel is. Die munisipale bestuurder en hooffinansiëlebeampte is geskors toe die ondersoek 'n paar maande gelede begin het.

Die ondersoek sal nie geraak word nie omdat die ondersoekbeamptes reeds die meeste van die bewyse het, het die LUR gesê.

"As dit 'n poging was om die ondersoek te saboteer, het dit reeds misluk. Ons het die meeste van die getuienis in die vorm van verskeie verslae van die Ouditeur-generaal en verklikkers."

Dube het gesê die Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit is die enigste een in KwaZulu-Natal wat 'n negatiewe verslag van die OG vir die 2010/2011 finansiële jaar ontvang het.

Vilane het gesê die brand het om 02:00 begin. Hy het gevoel dit het te lank gevat vir die brandbestryders om te kom.

"Ons is baie ongelukkig dat dit hulle so lank gevat het om te reageer. Landelike metrokantore is nie ver van ons munisipale gebou nie."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: