praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Media24 laat swartes dom lyk met wiskunde

Media24 laat swartes dom lyk met wiskunde

E-pos Afdruk PDF

Dr Mafu Rakometsi, Umalusi se hoofuitvoerendebeampte, is ontstoke oor 'n City Press-artikel gedateer 29 Januarie 2012 met die hoofopskrif "1 in 6 matrieks het minder as 10% vir wiskunde".

Umalusi, die Raad vir Kwaliteitsversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, "wil sommige van die kwessies wat kan lei tot verkeerde interpretasie in die artikel geskryf deur joernaliste Jacques Pauw, Jacques Dommisse en Jeanne van der Merwe, opklaar", sê Mike Khuboni, woordvoerder.

Umalusi het blykbaar aan Media 24 dieselfde inligting as aan die Suid-Afrikaanse publiek in Februarie 2011 met betrekking tot die 2010 NSS-eksamen deurgegee.

Die data wat verskaf is deur Umalusi is slegs die individuele vakstandaardiseringsdata en het net betrekking op die eksterne eksamenkomponent (wat 75% van die slaagpunt is).

Die statistiek en getalle weerspieël dus die eksterne komponent en sluit nie die interne assessering nie, volgens Khuboni.

Dit beteken dat die finale leerderprestasie beduidend anders kan wees.

Volgens Umalusi is Media24 se uiteensetting verkeerd en misleidend in die genoemde artikel. Umalusi het hulself gedistansieer van Media 24 se beweringe wat swart wiskundeprestasie manipuleer.

"Die formule en die metodes wat gebruik is om te kom by die gevolgtrekkings wat Media 24 geskryf het, is onbekend aan Umalusi", het Khuboni gesê.

Umalusi het glo nie enige aanpassings aan die punte vir Wiskunde en Natuur-en Skeikunde in 2011 gemaak nie. Hulle het Media24 se "verdraaiings" van die statistiek betreur.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: