"Landbou-uitvoere het met 10 persent tussen 2008 en 2010 gegroei, met die totale landbou-uitvoere wat US6.8 miljard (ongeveer R52bn) beloop," het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge gesê.
Gedurende dieselfde tydperk het landbou-invoere met net minder as 'n persentasie, US5.2bn (ongeveer R39bn), gestyg.
Landbou-uitvoere was verantwoordelik vir vyf persent van Suid-Afrika se totale uitvoere in 2010, terwyl die landbou-invoere verantwoordelik was vir twee persent.
Die ontleding is gegrond op inligting verskaf deur die buitelandse landboudiens in die Verenigde State se landbou-afdeling.
Nederland was Suid-Afrika se grootste landbou-uitvoerbestemming, met 'n bietjie meer as 10 persent of US700 miljoen (sowat R5.3bn) in 2010, het die navorsing aan die lig gebring.
Tussen 2008 en 2010, het die vraag na Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere in Asië en Afrika toegeneem, terwyl die persentasie uitvoere na Europese lande gedaal het.
"Onlangse data dui daarop dat die vraag vir die Suid-Afrikaanse landbouprodukte nie net bestendig is nie, maar in werklikheid groei," het navorser Jonathan Snyman gesê.
"Voedselsekerheid verkeer op 'n mespunt in veral sub-Sahara-Afrika, dus is dit 'n positiewe ontwikkeling dat Suid-Afrika sy status gehandhaaf het as 'n netto landbou-uitvoerder."
Argentinië het Suid-Afrika se grootste bron van landbou-invoer gebly sedert 2008. Maar dit het van 17 persent in 2008 tot 12 persent in 2010 gedaal het, het hy gesê.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





