praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika UMD kasty 'wit minderheidsmedia uit apartheid'

UMD kasty 'wit minderheidsmedia uit apartheid'

E-pos Afdruk PDF

Hoe meer Media24 die wit rassis onder elke bed jag, hoe minder kry hulle dit klaarblyklik reg om self weg te kruip as die uitgediende oorblyfsel van apartheid.

Die Suid-Afrikaanse media word nog steeds beheer deur 'n wit minderheid wat aan die mag is sedert apartheid, het die United Democratic Movement (UDM) Dinsdag gesê, met verwysing na veral Media24.

"'n Mens kan nie wegskram van die feit dat die Suid-Afrikaanse media steeds hewig beïnvloed word deur diegene wat tydens apartheid mag verkry het nie," het die UDM-leier Bantu Holomisa gesê tydens 'n aanbieding aan die Persvryheidkommissie se openbare verhore in Johannesburg.

"Byna twee dekades in ons demokratiese bedeling in, bly die Suid-Afrikaanse media onder die streng beheer van 'n minderheidsgroep wat self mislei is om te dink dit het die mag om die land se denkprosesse te dikteer."

Holomisa sê die UDM is bekommerd oor die "bevooroordeelde en subjektiewe" besluite wat geneem is deur die redakteurs en joernaliste oor wat die moeite werd is om van verslag te gee.

"Hulle merk die meeste stories wat afkomstig is van die opposisie partye as onnuuswaardig.

"Die ironie is dat die einste joernaliste wat weier om sekere politieke partye te dek later by die regering as sy woordvoerders optree."

Holomisa het gesê die media het 'n kritieke rol te speel in die blootstelling van die "oortredings" van openbare amptenare.

"As dit nie vir die media was nie, sou ons almal salig onbewus daarvan gewees het dat ons uitgebuit word.

"Ons kan nie enige pogings ondersteun om sulke skandale te onderdruk nie, en die regulering van die media moet nie misbruik word as 'n instrument om die waarheid wat moet uit, te verhoed nie."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: