"Hulle gee nie vryheid van uitdrukking aan die man in die straat, die publiek, nie," het Ebrahim Hassaim gesê, 'n individu wat 'n voorlegging by die openbare verhore in Johannesburg oor persvryheid gemaak het.
Hy het gesê hy is 'n ywerige skrywer van briewe aan die pers, maar vind dikwels woorde wat sommer aan hom toegedig word, of aansienlike wysigings wat gemaak word aan sy briewe sonder dat 'n voetnota dit aandui.
"En dit is absolute bedrog," het hy gesê.
Hy het probeer om te kla en het so ver gegaan as die Persraad, maar is weggewys
"Hulle wil dit nie graag hoor nie, maar daar is joernaliste wat nie omgee vir die belange van die publiek nie," het hy gesê.
As hulle sy briewe so kan verander, is hy nie verbaas dat die regering voel dat hulle 'n rede vir 'n klag teen die media het nie.
"Die media moet niemand rede om te kla gee nie. My voorlegging is dat daar onafhanklike regulering moet kom," het hy gesê.
Intussen het onafhanklike kenners daarop gewys dat die media erg geïnfiltreer is deur NI-agente wat 'n sekere agenda wil bevorder en weinig omgee oor spraakvryheid of die publiek se regte.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





