praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Joernalis dagvaar SWAPO

Joernalis dagvaar SWAPO

E-pos Afdruk PDF
'n Namibiese joernalis dagvaar die regerende South West Africa People's Organisation (SWAPO) vir naamskending nadat die party hom 'n voormalige anti-onafhanklikheidsvegter genoem het, het 'n hof Maandag gehoor.

Johannes Grobler, 48, beweer dat die Swapo-mondstukkoerant Namibia Today in 'n redaksionele stuk in 2009 na hom verwys het as 'n "ex-Koevoet".

Koevoet was 'n welbekende teen-insurgensie-polisie-eenheid van die land se regering toe Suid-Afrika nog daaroor beheer gehad het.

Grobler se prokureur Hannchen Schneider, het aan die Windhoekse Hooggeregshof gesê dat die opmerkings teen vryheid van spraak is en sy "professionele reputasie" beskadig het.

Die koerant word ook op SWAPO se webwerf gepubliseer en die redaksie het ontstoke reaksie van die publiek ontvang, met lesers wat beweer dat Grobler "erger is as wat Osama bin Laden" en "sy hande geweek is in die bloed van die nasie".

Grobler, wat gesê het dat hy nou vir sy lewe vrees, het gesê die redaksionele kommentaar beskadig sy reputasie.

SWAPO se sekretaris-generaal, Pendukeni Iivula-Ithana, wat ook die Minister van Justisie is, is ook gedagvaar. Die verhoor sal Vrydag hervat.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: