praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika SA verloor AU-leierskapstryd

SA verloor AU-leierskapstryd

E-pos Afdruk PDF

Die Afrika-Unie het die mandaat van sy hoofkommissaris, Jean Ping verleng nadat die verkiesing van die nuwe AU-hoof op 'n dooiepunt uitgeloop het. Ping, van Gaboen, is China se voorkeurkandidaat.

Ping en die Nkosazana Dlamini Zuma van Suid-Afrika was kandidate vir dié pos.

Ping sal nou aanbly tot die volgende beraad later vanjaar in Lilongwe in Malawi gehou word.

Die president van Benin, Thomas Boni Yayai het die aankondiging gemaak aan die einde van die tweedaagse beraad in Addis Ababa. Yayai het bewerings ontken dat daar 'n dooiepunt in die verkiesing is as gevolg van verdeeldheid in die Pan Afrika blok van lande.

Die minister van Internasionale Verhoudinge, Maite Nkoanae Mashabana het ook aangekondig dat Dlamnini Zuma wéér Suid-Afrika se kandidaat sal wees by die Malawi-beraad.

President Jacob Zuma het vroeër op die beraad gesê Afrika moet ekonomiese, maatskaplike en omgewingskwessies takel om meer geleenthede vir sy mense te verseker.

Hy het in Addis Ababa gepraat by die bekendstelling van 'n verslag oor wêreldwye volhoubaarheid.

Zuma sê die toekomstige welvaart van ontluikende lande hang af van leiers wat maniere vir volhoubare groei moet bewerkstellig.

Hy het ongelykhede uitgesonder as een van die probleme wat aandag moet kry vir wêreld groei.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: