Altesaam ses-en-twintig mense is op Schoemansdal naby Jeppes Reef in Mpumalanga in hegtenis geneem en sal aangekla word van openbare geweld.
Die mense was glo deel van 'n gewelddadige betoging. Hulle het volgens berigte vier voertuie, kantore en 'n gimnasium van 'n plaaslike sakeman aan die brand gesteek.
Volgens die polisie is daar vermoede dat die sakeman 'n sluipmoordenaar is. 'n Woordvoerder, Leonard Hlathi sê die polisie moes die skare met rubberkoeëls uitmekaar jaag.
Die verdagtes sal vanoggend in die hof verskyn.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





