Maar soos bierdrink die hoogte ingeskiet het, het die uitvoer van die land se plase gedaal tot sy laagste laagtepunt sedert onafhanklikheid in 1980 (met die uitsondering van 2008 toe inflasie op 500 miljard persent was).
'n Land van eens hardwerkende boere sit nou in die kroeg in plaas daarvan om te gaan ploeg, volgens Charlie Taffs, hoof van een van die land se boere-unies. "Dit is 'n aanduiding van 'n verbruikersgedrewe samelewing," het hy gesê.
In 2000 het president Robert Mugabe 'n veldtog van gewelddadige onteiening teen die land se 4000-sterk wit boerdery-gemeenskap van stapel gestuur, in die naam van revolusionêre grondhervorming. Dit sou glo aan die swart boer sy helfte terugbesorg wat deur wit koloniale regerings 'n eeu gelede sogenaamd van hom weggeneem is.
Maar selfs oudits deur Mugabe se Zanu-PF-party bevestig dat die groot en hoogs produktiewe plase van blanke boere grootliks deur politici, regters, top-polisiemanne, generaals en die redaksielede van staatskoerante lojaal aan Mugabe oorhandig is, die welbekende "naweek boere".
Landbou-uitset het grotendeels in duie gestort en die land wat as "Afrika se broodmandjie" bekend gestaan het, is getref deur tekorte en hongersnood.
Die regering se statistiekkantoor sê vir die somerreënseisoen in November, is 1,2 miljoen hektaar grond met mielies, die nasionale stapelvoedsel, beplant.
Dit sou amper genoeg gewees het om die 1,8 miljoen ton wat Zimbabwiërs eet, te voorsien.
Maar in plaas daarvan, in 'n tragiese herhaling van elke jaar sedert 2000, het die ministerie van landbou saad en voorrade slegs kon lewer toe die reën reeds goed aan die gang was. Dit is lank reeds deur die Zimbabwiese landboukundiges vasgestel dat mielies wat ná 31 Desember geplant word, nie sal ryp word nie.
Taffs en ander vakbonde waarsku dat nie meer as 700,000 ton verwag kan word wanneer hierdie jaar se oes geoes word nie - 1,1 miljoen kort van die vraag.
Die tekort sal deur duur invoere aangevul moet word. Unicef, die Verenigde Nasies se Kinderfondsagentskap, het reeds waarsku dat 3,5 miljoen kinders regoor die land van noodrantsoene afhanklik sal wees.
Hierdie seisoen, is die voorsiening van goedkoop saad en kunsmis herdoop na die "presidensiële insetteprogram". Dis 'n goedkoop foefie om die gewone roetine van 'n regeringsbefondsde operasie in 'n verkiesingsboodskap te omskep, om boere te oorreed om vir die 87-jarige Mugabe te stem in verkiesings wat na verwagting iewers in die volgende 15 maande sal plaasvind.
"Dit is 'n volslae ramp," het Taffs gesê. Boere kon slegs begin met die invordering van hul insette op Nuwejaarsdag, toe die reënseisoen al amper halfpad verby was. Boere het staan en toekyk soos politieke swaargewigte voor in die lang toue ingedruk het by die landelike depots en hul vragmotors gelaai het. Selfs stedelike minibusse is toegelaat om saad en kunsmis op te laai.
Hulle moes toekyk hoe dieselfde gesubsidieerde kunsmis 'n paar uur later by die bushalte in Harare teen dubbel die prys verkwansel word, het die staatsbeheerde Herald-koerant berig.
Die meeste boere het huis toe gegaan met min of niks.
"Elke jaar is dieselfde," het Taffs gesê. "Daar is geen verantwoordeliksin by die mense wat die insette kry nie, en mense kan doen wat hulle wil."
Maar oorkant die Zambezi-rivier in die naburige Zambië is daar 'n verstommende ommekeer van rolle tussen die twee lande. Vir dekades totdat Mugabe se grondgryp in 2000 begin het, het Zimbabwiese boere surplusse wat Zambiërs gevoed het, geproduseer omdat Zambië se landbou-stelsel sterwende was.
Toe, in 2008, het die Zambiese president Rupiah Banda 'n nuwe beleid aangeneem. Boere koop goedkoop insette, reeds in September, betyds vir hulle om voor te berei vir die reën. Boere word dan ook gemonitor om te verseker dat hulle gewasse geproduseer het, en die kunsmis en saad word betaal eers nadat hulle hul oeste verkoop het. As hulle misluk, word hulle onbevoeg verklaar om insette vir die volgende seisoen te ontvang.
Die gevolg was fenomenaal. Verlede jaar het Zambiese boere 'n rekord-oorskot van 1,6 miljoen ton gehad, wat uitgevoer word na Zimbabwe. "Daar was volle verantwoordelikheid," het Taffs gesê. "Die program het nou tot 'n einde gekom, maar dit het hulle 'n hupstoot gegee, en dit het gewerk."
In Zimbabwe, sal Mugabe se politieke boere liewer die insette wat aan hulle voorsien is, verkoop en bier koop in plaas van boer.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





