Die Nizamiyemoskee, wat tans in Midrand gebou word, is gebaseer op die Ottomaanse argitek Sinan se Selimiyemoskee in Edirne, Turkye. Dit is buitengewoon groot met besondere aandag aan detail.
Suid-Afrikaners sal binnekort in staat wees om die eerstehands die detail en die verhoudings wat so kenmerkend is van Ottomaanse ontwerp, te ervaar.
Die Suleymaniyemoskee in Turkye is meer as 500 jaar oud, in 1568 opgerig, en dit is skaars om moderne geboue te vind wat dieselfde noukeurige en tydrowende vakmanskap ten toon stel.
Die Nizamiyemoskeekompleks in Midrand, wat vroeg in 2012 voltooi sal word, sluit allerlei gemeenskapsgeriewe soos 'n skool vir 800 leerlinge, 'n konferensiesaal, winkels, 'n restaurant en 'n kliniek in.
Geen onkoste is gespaar in die gebou se ontwerp en uitvoering nie, met 'n totale koste wat op sowat R210 miljoen geskat word.
Katircioglu het gesê die projek het Nelson Mandela se seën en hy is deur die voormalige president in 2007 aangemoedig om fasiliteite wat tot voordeel van die groter gemeenskap strek, soos 'n kliniek, in te sluit.
Die teëls, die kalligrafie, die skildery op die koepel en die gebrandskilderde vensters, is uit Turkye, of plaaslik met behulp van ingevoerde materiaal voltooi.
Die Iznik-styl teëls is gebruik om die hele binnekant en buitekant van die moskee uit te voer, sommige in reliëf, en handgeverf. Die swaar, gekerfde deure is van Turkye ingevoer.
Weggesteek tussen die koepels is sonpanele wat genoeg elektrisiteit opwek om krag vir die moskee se ligte te verskaf en die water in die ablusie kamers te verhit.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





