Die opname wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge gedoen is, toon dat Suid-Afrika se besteding aan staatsonderrig, as deel van die totale regeringsbesteding, in die 2009/2010-boekjaar 18% was.
Altesaam 11% van volwassenes in Suid-Afrika is steeds ongeletterd.
Suid-Afrika se besteding is meer as Hongarye en Bulgarye, wat 10% van hul begroting aan volwasse geletterdheid bestee.
Dié lande se geletterdheidskoers is onderskeidelik 99% en 98%.
Die instituut sê die navorsing toon dat geld nie die probleem is nie, maar dat beleid behoorlik geïmplementeer moet word en leemtes in leierskapsposisies by skole gevul moet word.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





