praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Vreemdelinghaat flikker in Ekurhuleni

Vreemdelinghaat flikker in Ekurhuleni

E-pos Afdruk PDF

Buitelandse winkel-eienaars in townships in Ekurhuleni sê hulle lewe in vrees nadat 'n spaza-winkel van 'n burger van Bangladesj gisteraand aan die brand gesteek is.

Rafiqul Islam moes toekyk hoe sy broer se winkel in vlamme opgaan. Die groep, Ekurhuleni Concerned Business Owners, het homself intussen gedistansieer van aanvalle op buitelanders.

Honderde die Ekurhuleni-inwoners kla steeds omdat die Gautengse regering winkels wat deur buitelandse burgers in hul gebied besit word, nie sluit nie.

Die Ekurhuleni Concerned Residents, en Business and Enterprise Forum, hoofsaaklik uit kleinsake-eienaars en inwoners van townships aan die Oos-Rand voel Suid-Afrikaners trek aan die korste ent.

Hulle het reeds aan Gauteng se premier Nomvula Mokonyane, se kantoor 'n memorandum oorhandig wat eis dat plaaslike regering besighede in besit van plaaslike burgers ondersteun, en hersoneringsprosesse, asook die oprigting van winkelsentrums in die townships dadelik staak. Hulle vra dat buitelanders wat in HOP-huise bly ook uitgesit moet word.

Forum-woordvoerder Baznaar Moloi het gesê: "Ons eis 'n positiewe reaksie, indien nie sal ons drastiese stappe neem. Die laaste keer wat ons geveg het, was voor 1994."

Moloi het gesê hulle het verskeie gesprekke met plaaslike regering in Maart gehad.

"Ons het ons kommer uitgespreek en talle vergaderings is gehou oor die aantal onwettige winkels wat deur buitelanders besit word. Die ooreenkoms was dat die regering die resolusies wat goedgekeur is, teen Julie, sal implementeer, "sê Moloi.

Hy het gesê dat dit nie gebeur het nie en die aantal winkels in besit van buitelanders, veral uit Pakistan en Bangladesj, het verdriedubbel.

"Baie van hierdie winkels betaal nie belasting nie en hoef nie bedryfslisensies te hê nie. En buitelanders verkwansel goedere onder markpryse, wat veroorsaak dat plaaslik besighede faal," sê Moloi.

Mathapelo Maluka, wat in Daveyton woon, het gesê sy het 'n besige spazawinkel vir baie jare gehad.

"Ek was in staat om my familie te ondersteun en universiteitsgelde te betaal vir my dogter," het sy gesê.

Maluka, wie se besigheid sedertdien in duie gestort het, het gesê die kompetisie is steeds baie taai en dat sy kon nie byhou nie.

"Ek weet nie waar hulle hul voorraad aankoop nie. Die pryse wat hulle hef, kon nie eens my kosprys dek nie," het Maluka gesê.

In Daveyton is baie winkels wat deur buitelandse burgers besit word gesluit. Blou plakkers waarop staan "Suid-Afrikaanse spazawinkel" identifiseer sommige spazawinkels in Daveyton.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: