praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika DA-plakkaat 'wil rasdebat uitlok'

DA-plakkaat 'wil rasdebat uitlok'

E-pos Afdruk PDF

Die omstrede DA-Jeugplakkaat met die slagspreuk wat lees: "In ons toekoms sou jy nie twee keer kyk nie", is deur die party se swart jeugleier aanlyn gepos.

Makashule Gana het die plakkaat aanlyn gepos as deel van 'n veldtog om 'n debat oor ras uit te lok.

"Om te sê dat die plakkaat is seksueel, is om dit tot die uiterste te voer. Die plakkaat sê baie. Hulle omhels mekaar, en dit wys in hierdie land dat ons 'n geleentheid om mekaar te omhels gevind het.

"Ek weet nie hoekom daar negatiewe kommentaar daaroor is nie. Dit is 'n kunswerk wat die toekoms wat ons [in die DA] wil bou, uitbeeld."

Gana het die foto op sy Facebook-bladsy gesit, en vir 'n kort rukkie gebruik as sy Twitter-avatar.

'n Facebook-gebruiker het gesê: "Die naaktheid lei die aandag heeltemal af van die beoogde boodskap van politieke samehorigheid, tensy politiek eintlik alles oor seks handel."

Een Twitter gebruiker het gevra: "Is die DA-veldtog namens ou ryk wit mans wat jong, inheemse meisies soek?"

Die wit en swart paartjie in 'n passievolle omhelsing is "skokkend", het die Christelike Demokratiese Party Dinsdag gesê.

Die CDP het hulself egter nie uitgespreek teen rasvermenging nie en net die moraliteit van die besluit bevraagteken.

"Op 'n stadium dat die land hoër vlakke van moraliteit benodig, sit die DA 'n plakkaat uit wat duidelik die bevordering van seksuele onsedelikheid aanmoedig," het die partyleier Theunis Botha gesê.

"Daar is baie maniere waarop die DA geprojekteer kan word as 'n nie-rassige party, eerder as die gebruik van 'n plakkaat wat duidelik die bevordering van seksuele losbandigheid nastreef."

Botha het gesê die plakkaat is "onsmaaklik tot die uiterste" en 'n belediging vir die baie jong mense, swart en wit, wat hoë morele waardes handhaaf.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: