praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika DA-Jeug verkoop gemengde seks

DA-Jeug verkoop gemengde seks

E-pos Afdruk PDF

Die DA se studenteorganisasie, DASO, het 'n omstrede veldtog van stapel gestuur met 'n uitlokkende plakkaat van twee mense van verskillende rasse in 'n seksueel uitdagende posisie.

Dié plakkaat het Maandag 'n opskudding op sosiale netwerke veroorsaak.

Die plakkaat toon 'n wit man wat 'n swart vrou omhels met die onderskrif: "Daso, in ons toekoms sou jy nie twee keer kyk nie."

Die organisasie het 'n vloed van reaksies op sy Facebook-blad sien instroom met baie wat kla oor die onvanpaste naaktheid.

Die DA Jeug het aan News24 gesê as opgevoede universiteit studente die plakkaat as die bevordering van seks sien, "dan het ons geen hoop het nie".

Volgens Estelle Nel is dit dom om naakte mense te gebruik, want dit maak staat op die sensasionele.

Arlette Franke skryf: "Die beoogde boodskap van politieke samehorigheid gaan heeltemal verlore, tensy politiek eintlik alles oor seks gaan?"

Masoga Rueben beskryf die plakkaat as "vieslik".

Op Twitter skryf "NomalangaSA": "In my toekoms, hoop ek daardie verdomde townships in Kaapstad verdwyn en al die swartes neem hulle intrek in Kampsbaai om daardie uitsig te deel."

Enkele wit Engelse manlike gebruikers het dit egter mooi gevind.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: