praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika SA-Infanterieskool heet Kremlin

SA-Infanterieskool heet Kremlin

E-pos Afdruk PDF

Daar kan nie meer enige twyfel wees oor die ANC se gehegtheid aan hulle geskiedenis nie.

"Deur die hoofkwartier by die Infanterieskool se naam 'The Kremlin' te noem, word die weermag verpolitiseer en moet dadelik verwyder word. Daar is nie plek vir politiek in die weermag nie en die verslag van die Interim Nasionale Weermag Dienstekommissie het verpolitisering van die weermag as een van die kritieke probleme in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag uitgewys," sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

"Om die eenheid se konferensiekamer die 'Sentrale Komitee' te noem getuig van 'n gesagsprobleem. Dit wil voorkom asof senior offisiere hulself as opperbevelhebbers beskou om sodoende gesag af te dwing. Dit is dan ook geen wonder dat daar reeds drie soldate gesterf het in die eenheid nie. Ek sal die saak direk met die minister opneem, asook in die parlement," het Groenewald gesê.

Nie alleen die Infanterieskool het probleme nie, maar die veterane wat tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein deelgeneem het, het ook ou terroriste-uniforms gedra, terwyl van hulle dienende soldate is.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: