"Daar is nou meer mense met MIV-infeksies hier as enige land in die wêreld, met 5,6 miljoen. Dit is agv 'n gebrek aan politieke verbintenis voorheen," sê Sheila Tlou, UNAIDS se plaaslike direkteur vir Oos-en Suider-Afrika.
"Daar is egter 'n ommekeer in die nuwe regering onder president (Jacob) Zuma wat daartoe verbind is," in sy stryd teen MIV en vigs, het sy gesê.
"Teen 2020 sal daar massiewe daling in Suid-Afrika wees."
Zuma, wat Suid-Afrika se Vigs-behandelingprogram dramaties uitgebrei het sedert 2009, het verlede maand 'n plan onthul om die getal MIV-infeksies oor die volgende vyf jaar te halveer.
Die vyf-jaar plan is eers opgestel na 2008 toe president Thabo Mbeki en sy minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, bekend as dr Beet, uitgeskop is. Laasgenoemde wou vrugte eerder as medikasie gebruik om vigs te behandel.
Tlou het gesê Oos-en Suider-Afrika is bekend as die "die hart van die epidemie" want van die 34 miljoen mense wat met MIV leef, woon byna 'n 3/4 van die wêreld se gevalle in die streek.
"Een van ons doelwitte is om nuwe infeksies met 50 persent te verminder," teen 2015, het sy aan 'n perskonferensie in Genève gesê.
Maar Tlou het opgemerk dat die onlangse skugterheid in die verbintenis van die Globale Vigsfonds, om vigs, tuberkulose en malaria te help beveg, UNAIDS kan kortwiek in die stryd teen die siekte.
"Daar is nogal baie vordering sedert 1997 met 'n 25 persent vermindering in nuwe infeksies in ons streek," sê Tlou,' n verpleegkunde-professor en 'n voormalige minister van Gesondheid van Botswana wat tans in Johannesburg woon.
Steve Kraus, UNAIDS-direkteur vir Asië en die Stille Oseaan, het gesê belangrike vordering is gemaak in groot lande soos China, Indië en Indonesië en in kleiner lande soos Fidji en Samoa.
Kraus het gesê China het 'n beleid van zero toleransie oor MIV aangeneem. Dit is later oorgeneem deur die 10 ASEAN-lande.
"China se befondsing vir die nasionale reaksie teen [MIV] neem toe en hulle het 'n bykomende $1 miljard in 2011 bewillig. Thailand is 'n ander land om dit te doen," het hy gesê.
Gevra oor die betroubaarheid van Chinese data, het Kraus gesê: "In China is die data vandag beter as gister," en bygevoeg dat die verbetering van 'n konstante proses is. "Dit is soos om op soek te wees na die heilige graal om te bly verbeter."
| < Vorige | Volgende > |
|---|





