"As 'n gevolg van die inmenging van die nasionale Kabinet, is dienslewering in Limpopo letterlik verlam," het die liga in 'n verklaring gesê.
"Vir die eerste keer sedert 1994 ondervind ons probleme."
Daar word beweer dat skoolvoedingsprogramme en vervoer nie betaal is nie, medikasie in hospitale is nie verkry nie, onderwysbeurse is gevries en verskeie ander diensverskaffers is nog nie betaal nie.
Die nasionale regering het vyf Limpopodepartemente in Desember verlede jaar onder administrasie geplaas as gevolg van miljarde rande in verkwiste besteding wat die provinsie bankrot gelaat het.
Vyf departemente - finansies, onderwys, gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, openbare werke, en opvoeding is onder die nasionale regering se beheer geplaas. Die oorblywende departemente word mbv die riglyne wat deur die nasionale regering gestel is, bestuur.
By 'n mediakonferensie oor die Kabinet se aanvanklike bevindings tov die provinsie se finansiële krisis, het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, Donderdag gesê 'n forensiese ondersoek na Limpopo se moontlike R2 miljard-tekort sal hierdie week begin.
Die ANC-jeugliga in die provinsie het gesê hulle gee die nasionale Kabinet sewe dae om "die situasie reg te stel".
"As ons nie enige verandering sien nie, sal ons alle betrokke belanghebbendes mobiliseer en in Maart na Pretoria opruk want dit is die middelpunt van ons probleme."
Die liga het gesê dit was 'n "raaisel" dat die Limpopo se provinsiale regering geteiken word want dit is nie die "ergste" provinsie nie.
"Ander provinsies het oortrekkings van meer as die R1 miljard aangevra deur Limpopo versoek, maar tog word daardie provinsies is nie geteiken nie," het die jeugliga gesê.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





