Skole in Limpopo sal binne die volgende paar dae hulle handboeke kry.
Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het dit belowe by 'n mediakonferensie in Limpopo wat deur die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, toegespreek is.
Gordhan het verduidelik dat Limpopo bankkrot is en daarom onder administrasie geplaas is.
Talle skole in Limpopo het vandeesweek geopen sonder enige handboeke, omdat die provinsiale departement van Onderwys dit blykbaar nie bestel het nie.
Motshekga het die versekering gegee dat die betrokke uitgewers gereed is om die handboeke af te lewer.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





