Inwoners in al 105 betrokke kieswyke was veronderstel om in Januarie wykskomiteeverkiesings te hou. Die regering het in 2011 munisipaliteite versoek om hul wykskomitees binne drie maande ná afloop van die verkiesing van 18 Mei te kies.
Minute voordat verkiesings in die Moot, Queenswood, Wingatepark, Erasmuskloof en Mooikloof sou plaasvind, is 'n dringende kennisgewing egter uitgestuur dat die proses onbepaald uitgestel word.
Die Tshwane-raad het in Junie 2011 'n verslag oor regulasies vir openbare deelname met die verkiesings goedgekeur, maar die regulasies is volgens die DA nooit geproklameer en afgekondig nie.
Die wykskomiteeverkiesings kan dus nie voortgaan nie. Janho Engelbrecht, DA-hoofsweep, het gesê "die regulasies is nooit geproklameer soos vereis word nie."
Die verkiesings se reëlings is aan TKO Promotions, 'n privaatmaatskappy, toegeken. Dié kontrak beloop sowat R14 miljoen.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





