Emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu het aan The Star gesê die man wat sy vrou deur swartes laat verkrag het, Johan Kotzé, is nie 'n monster nie en mag selfs tot heilige verklaar word.
Tutu sê Kotzé bly steeds 'n "kind van God". Die media het na Kotzé as die "monster van Modimolle" verwys.
Kotzé staan tereg op verskeie aanklagte, onder meer dat hy drie werkers gedwing het om Ina Bonnette, sy vervreemde vrou, te verkrag en dat hy haar seun vermoor het.
Al is hy skuldig aan hierdie dade, is hy nie 'n monster nie, sê Tutu. Kotzé bly 'n "kind van God met die moontlikheid om 'n heilige te word", sê hy.
Tutu het gesê die mens is na die beeld van God geskape en die ergste sonde vernietig dit nie.
Tutu het gepleit dat Christene die verhaal moet onthou van die rower aan die kruis wat die paradys belowe is omdat hy berou gehad het.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





