praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Vrae oor Weermag se polisiëringsrol bly onbeantwoord

Vrae oor Weermag se polisiëringsrol bly onbeantwoord

E-pos Afdruk PDF

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me Lindiwe Sisulu, sleep voete oor 'n vraagteken wat hang oor die Weermag se betrokkenheid by Suid-Afrika se polisiëring.

Sy sal eers vir die media geleentheid gee om vrae te stel aan haar oor die betrokkenheid van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die onlangse misdaadbekampingsplan, by name Operasie Feesseisoen

Minister Sisulu is tans besig in die Kabinet se lekgotla by Bela Bela en is glo bewus daarvan dat die media navraag gedoen het oor die rol van die SANW, wat saam met die polisie misdaad beveg.

Die minister is onder druk om vrae wat oor die aangeleentheid geopper is, te beantwoord, het Jimmy Manyi in 'n verklaring gesê.

Dit sal egter nie dadelik kan wees nie, aangesien sy eers ná die lekgotla, wat Vrydag eindig, daarop sal antwoord, of selfs later. Dit mag eers tydens die reeks van mediakonferensies wees wat sal volg na die jaarlikse toespraak deur die President aan die land op 9 Februarie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: