praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika NW-polisiestasie aan die brand gesteek

NW-polisiestasie aan die brand gesteek

E-pos Afdruk PDF
Die polisie in Noordwes ondersoek 'n saak van brandstigting nadat die Bethanie-satelliet-polisiekantoor aan die brand gesteek is.

Skade wat veroorsaak is deur die brand, is op R20 000 geraam, het die polisiewoordvoerder Captain Tselane Nkala Dinsdag gesê. Die brand is in die vroeë oggendure Sondag gestig.

"Twee polisiebeamptes wat aan diens was, het gepatrolleer en toe hulle terug gekom het, het hulle gesien dat die satellietstasie brand. Die voorste vensters was gebreek, die deur was aan die brand en die voorste plafon was ook aan die brand."

Die polisie vermoed die plaaslike inwoners wat verlede week in 'n optog betrokke was waartydens bande verbrand is en klippe gegooi is, kon die brand gestig het, want 'n band is op die perseel gevind.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Die ANC het twee intussen ook van sy burgemeesters in Noordwes “herroep” vir die oortreding van ANC-beleid en beweerde korrupsie.

“’n Besluit is geneem om Boitumelo Moloi en Andrew Maphetle te herroep. Hulle werk nie saam met die organisasie nie en doen dinge op hul eie manier,” het David Kham, adjunk-streeksekretaris van die ANC, gesê.

“As jy deur die ANC ontplooi word, moet jy doen wat van jou verwag word, jy kan nie net doen wat jy wil nie. Sommige het gekies om baie anti-ANC te wees... dit affekteer die gebied van Tlokwe en die Dr Kenneth Kaunda-distrik.”

Moloi was die burgemeester van die Dr Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit, wat Tlokwe, Matlosana en Maquassi Hills insluit. Maphetle was die burgemeester van die Tlokwe-plaaslike munisipaliteit.

Ook die party se streeksekretaris, Aubuti Chika, is geskors omdat hy nie sy pligte nagekom het nie.

Die DA het gesê Maphetle se verwydering behoort vir Dakota Legoete, ‘n vorige burgemeesterskandidaat wat oorgesien is nadat hy na bewering betrokke was by korrupsie in Tswaing, die weg te baan.

“Hierdie is ‘n politieke tsunami om sekere ‘kaders’ uit te haal en hulle te vervang met lede wat meer polities gemaklik by die ANC is. Dit het niks te doen met die behoeftes van die mense nie,” het Chris Landsberg, woordvoerder, gesê.

Volgens Kham het die proses om plaasvervangers aan te wys reeds begin.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: