praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Vloedskadeverslag is onakkuraat

Vloedskadeverslag is onakkuraat

E-pos Afdruk PDF
'n Verslag oor skade wat vroeër vanjaar deur vloede aangerig is, is onakkuraat, het Agri SA Woensdag gesê.

Die verslag is namens die Nasionale Rampbestuursentrum (NDMC) deur onafhanklike assessors saamgestel wat geen kennis van ingenieurswese of infrastruktuur dra nie, het dié landbou-vereniging gesê.

Die vloede, wat sewe provinsies in Januarie vanjaar en Desember verlede jaar geraak het, het minstens 40 lewens geëis en meer as 6 000 mense ontwortel.

In die verslag word die omvang van die skade op ongeveer R1, 136 miljard geskat.

Die skatting vóór die assessering was ongeveer R3,8 miljard.

Volgens Agri SA het die assessors nie die verlies aan oeste in ag geneem nie en het hulle 'n steekproef-metode gebruik om gemiddelde koste te bepaal.

Die vereniging het 'n vergadering met die NDMC aangevra om die verslag te bespreek.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: