praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake SA se ekonomiese rol op vasteland word bedreig

SA se ekonomiese rol op vasteland word bedreig

E-pos Afdruk PDF
Suid-Afrika se rol as Afrika se ekonomiese toegangspoort word bedreig, volgens 'n ekonoom vir suidelike Afrika by IHS Global Insight, het Business Report Woensdag berig.

Ronel Oberholzer het Dinsdag tydens 'n konferensie in Johannesburg tendense wat die land se posisie in die streek ondermyn, uitgelig.

Beleggers raak "minder bang vir Afrika", en baie buitelandse maatskappye gaan direk na ander Afrikalande eerder as deur Suid-Afrika, het sy gesê.

Dit word weerspieël in die kapitaalvloei uit die res van die wêreld, wat teen 'n stadiger pas groei na Suid-Afrika as na baie van sy mededingers.

Oberholzer het gesê dat direkte buitelandse belegging in Suid-Afrika met slegs sowat 10% 'n jaar gemiddeld tussen 2005 en 2008 toegeneem het.

Mauritius en Ghana was die voorste mededingers met 'n jaarlikse groei van meer as 100%, alhoewel dit vanaf 'n veel kleiner basis af geskied het.

"Mauritus wys dikwels in ons navorsing," het sy gesê.

"Dit is 'n land om dop te hou."

Volgens Oberholzer, is een van Suid-Afrika se nadele die arbeidsmark, wat onbuigsaam en duur is.

"In terme van die arbeidsmarkdoeltreffendheid, is Suid-Afrika ver agter Oeganda, Namibië, Mauritius, Botswana, Nigerië, Angola en Ghana," het sy gesê met vermwysing na die Wêreld Ekonomiese Forum se Wêreldwye mededingendheidsverslag.

Een van Suid-Afrika se grootste mededingers vir 'n leiersrol op die vasteland is Nigerië.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: