Reuse-oliereserwes is teen die kus van Namibië ontdek, en produksie sal binne vier jaar op dreef wees, het die Namibiese minister van myne en energie, Isak Katali Woensdag aangekondig.
Die ontginning sal deur Enigma Oil & Gas, wat deur die Londense genoteerde maatskappy Chariot Oil & Gas besit word, behartig word.
Hulle het lisensies bekom vir ten minste agt konsessies net af van die Namibiese kus, wat die grootste deel wat 38,725km2 beslaan, insluit.
Dit sal Namibië, soos Angola met sy ongeveer 13 miljard vate se reserwes, as nog een van Afrika se top produsente, saam met Nigerië, lys.
Die rykste konsessie, die Nimrod, sal soveel as vier miljard vate kan lewer, het Katali gesê.
Volgens Katali, stel ook HVT Oil & Gas, Arcadia Expro en Tower Resources in olie- en gaseksplorasie in Namibië belang.
"Dit kan Namibië binne 'n kort tyd as 'n groot produsent van olie en gas vestig," het Katali gesê.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





