praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Kospryse gaan klim

Kospryse gaan klim

E-pos Afdruk PDF
Die mielieoorskot help tans om voedselinflasie in Suid-Afrika te beperk, maar Kevin Lings, ekonoom by Stanlib, het aan Sake24 gesê voedselinflasie gaan in die komende maande merkbaar hoër klim, alhoewel die tempo stadig is.

Op internasionale terrein was die voedselprysindeks van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie in Mei 2011 steeds 37% meer as in Mei 2010.

Ontleders meen die langtermynvooruitsig vir kospryse is net een rigting: Opwaarts.

Oxfam, die Britse hulporganisasie, meen selfs voedselpryse kan teen 2030 in reële terme met 70% tot 90% styg, sonder inagneming van die uitwerking van klimaatsverandering, wat prys­stygings kan laat verdubbel.

"Die wêreld se voedselstelsel lyk maar sleg," sê me. Barbara Stocking, uitvoerende hoof van Oxfam.

Die IMF sê die belangrikste verklaring vir hoër voedselpryse is verbruikers in ontwikkelende ekonomieë wat ryker word en hul dieet ­verander. Hulle eet meer hoëproteïenvoedsel soos vleis, suiwelprodukte, eetbare olies, vrugte, groente en seekos, terwyl hul graankosinname afneem.

Waar China voorheen 'n netto uitvoerder van soja en mielies was, hy nou 'n netto invoerder is van albei.

As dieselfde met koring sou gebeur en China 5% van sy koringverbruik by internasionale markte moes bekom, sal dit sy deel van die vraag in die internasionale mark van byna nul tot 4,7% opstoot en sal hy daardeur die sesde grootste koper van koring word, ná Japan. Dit sal pryse wêreldwyd opjaag en die internasionale supersiklus in kommoditeitspryse vererger.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: