praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake SA sal binne 15 jaar uitmekaarval

SA sal binne 15 jaar uitmekaarval

E-pos Afdruk PDF
'n Hoë-profiel Britse verskansingsfonds, Toscafund, sê SA sal binne die volgende 15 jaar heeltemal implodeer met erger nagevolge as wat Libië tans ervaar.

Die kommoditeit-ryke Rusland en Australië sal daaruit bevoordeel word.

Die hoofekonoom en vennoot Savva Savouri, wat navorsing gedoen het oor Suid-Afrika se ekonomie, het die emigrasie van professionele lui en die "tekort aan gesentraliseerde leierskap" hiervoor blameer, veral dit kom by die hantering van probleme soos die Vigs-epidemie.

"Die land ly aan sosiale, politiese en demografiese gebreke en sal binne die
volgende 15 jaar nie meer kan funksioneer nie. Dit sal dieselfde pad as die Midde-Ooste en Noord-Afrika stap, maar die gevolge sal baie ernstiger wees," het Savouri verlede week in 'n onderhoud aan Reuters gesê.

"Professionele wittes en swartes verlaat die land is groot getalle - die menslike kapitaal is besig om te verdwyn," het hy gesê.

Savouri se kommentaar kom nadat die Libiese leier Kadhafi steeds sukkel om 'n twee-week-oue gewilde opstand te onderdruk. Libië is die wêreld se 12de grootste olie-uitvoerder, en die onrus het Brent ru-olie reeds bo $115 per vat gedruk.

Die onrus in Noord-Afrika en die Midde-Ooste het ook die einde van die Egiptiese leier Hosni Mubarak en Tunisië-leier Zine al-Abidine Ben Ali aangekondig, sowel as protes in Bahrain en Saoedi-Arabië tot gevolg gehad.

Savouri het gesê 'n "wanpresterende" Suid-Afrika, wat is die wêreld se grootste produsent van platinum en 'n belangrike produsent van palladium saam met Rusland is, sal kommoditeitspryse hoër druk, tot voordeel mededingende kommoditeit-ryke lande.

"Dit is duidelik Rusland en Australië sal hieruit wen. Die oplewing in kommoditeitspryse sal hulle baat," het hy gesê.

Savouri, wat vir sy uitgesproke voorspellings bekend is, het in Januarie gesê dat die finansiële dienstebedryf bykans "wetteloos" is.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: