praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Sakevertroue daal

Sakevertroue daal

E-pos Afdruk PDF
Sakevertroue het in Februarie afgeneem in vergelyking met die vorige maand, het die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid Donderdag (SAKKN) gesê.

"Ongeag dié maand se afname, is die opwaartse momentum steeds daar en ons glo dat die sakevertroue-indeks op koers sal bly ná die laagtepunt in sakevertroue in die eerste kwartaal van 2009," het die SAKKN in 'n verklaring gesê.

Die indeks was 86,4 in Februarie in vergelyking met 87,4 in Januarie. Dit is 3,4 indekspunte hoër as Februarie 2010.

Die verskeie subindekse van die indeks het gemengde tekens vertoon.

Die wisselkoers en reële koste van finansiering was negatief en dit dui daarop "dat die finansiële omgewing ten gunste van strenger finansiële toestande in die toekoms swaai".

Hoewel daar op 'n jaargrondslag 'n verbetering was, is die SAKKN steeds bekommerd dat vervaardigingsproduksie en konstruksie sukkel om te versnel, ongeag 'n beter positiewe vooruitsig vir ekonomiese groei.

"Verskeie internasionale verwikkelings tydens Februarie 2011 het die huidige wêreld- ekonomiese herstel in gedrang geplaas," het die SAKKN gesê.

"Sakevertroue kan drasties getoets word in die nabye toekoms, gegewe ekonomiese onsekerheid en moontlike prysonstabiliteit," het die SAKKN gewaarsku.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: