praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Zim-ekonomie loop klopdisselboom

Zim-ekonomie loop klopdisselboom

E-pos Afdruk PDF

Zimbabwe se ekonomie sal vir die tweede agtereenvolgende jaar in 2010  groei as gevolg van positiewe beleid en sterk kommoditeitspryse, het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gister gesê, terwyl die organisasie 'n beroep doen vir meer hervormings om die herstel te onderhou.

Die land se ekonomie, wat deur hiperinflasie van 500-miljard persent in 2008 geteister is, het 5,7% in 2009 gegroei - die eerste keer in 'n dekade - onder 'n magsdelingsregering deur die bittere vyande president Robert Mugabe en eerste minister Morgan Tsvangirai.

'n IMF-span wat die land tussen Oktober 25 en November 3 vir roetinegesprekke met die regering en die private sektor besoek het, het gesê Zimbabwe sal vanjaar 'n begrotingsoorskot aanteken, onder andere tekens van beter ekonomiese toestande.

"Ondersteun deur hernieude pogings om beleid te versterk, asook gunstige skokke, het die Zimbabwiese ekonomie sy tweede jaar van lewendige ekonomiese groei voltooi ná 'n dekade van ekonomiese agteruitgang," het die IMF gesê.

"Die begroting is geprojekteer om 'n kontantsurplus in 2010 te genereer, beheer by die Reserwebank van Zimbabwe is besig om te verbeter en die regering werk aan die bevordering van die ekonomiese klimaat."

Die IMF verwag dat die ekonomie met 2,2% in 2010 sal groei, terwyl die minister van finansies Tendai Biti sê dit is op koers vir 8,1% groei hierdie jaar en 10% in 2011.

Die IMF het gesê daar moet meer geld vir infrastruktuur en maatskaplike behoeftes in die 2011-begroting wees en het aanbeveel dat die regering kontantbegrotingsuitgawes tot $2,5-miljard beperk.

Hoër goud- en platinumpryse het uitvoere en regeringsinkomste in 2010 opgestoot, terwyl gunstige weerstoestande tot 'n hoër opbrengs van landbouprodukte bygedra het.

Ontleders het gesê Zimbabwe se wankelrige koalisieregering, wat oor sleutelregeringaanstellings en die tempo van die hervormings gekibbel het, was besig om die hersteltempo te vertraag.

"Politieke stabiliteit is ook die sleutel tot die konsolidering van winste in makro-ekonomiese prestasie," het die IMF gesê en bygevoeg dat meer hervormings nodig is om die potensiaal te verwesenlik.

"Prioriteitsgebiede sluit in die vermindering van arbeidsmarkregulasies, om sekerheid betreffende grondbesit te vestig, om eienaarskapsvereistes onder die verinheemsingswetgewing op te helder, en om kommer oor bestuur in die diamantsektor aan te spreek."

Die IMF het ook gesê streng regulering het risiko's in die bankstelsel sedert die begin van 2010 laat afneem. Dit het bygevoeg dat hulp aan Zimbabwe, wat multilaterale finansiële instellings byna $7-miljard skuld, tans beperk tot tegniese bystand sou bly.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: