Dié mylpaal, al lank verwag, is die mees ooglopende bewys nog dat China se opkoms 'n feit is en dat die res van die wêreld rekening sal moet hou met 'n nuwe ekonomiese supermag.
Die erkenning is vroeg Maandag deur Tokio gedoen wat gesê het dat Japan se ekonomie ter waarde van ongeveer $1 280 000 000 000 in die tweede kwartaal effens onder China se $1 330 000 000 000 is. Japan se ekonomie het gegroei met 0,4% in die kwartaal, aansienlik minder as die skattings. Dit dui daarop dat China se ekonomie Japan s'n vir die volle jaar gaan verbysteek.
Kenners meen Japan - en die afgelope jaar ook Duitsland, Frankryk en Groot-Brittanje - onderstreep China se groeiende invloed en voorspel dat China die Verenigde State as die wêreld se grootste ekonomie so vroeg as 2030 sal inhaal. Amerika se bruto binnelandse produk was ongeveer $14 000 000 000 000 in 2009.
"Dit het 'n enorme belang," sê Nicholas R. Lardy, 'n ekonoom by die Peterson Institute for International Economics. "Dit herbevestig wat gebeur het vir die beter deel van 'n dekade: China het Japan ekonomies uitgestof. Vir almal in China se omgewing, is die land nou die grootste handelvennoot, eerder as die VSA of Japan."
Vir Japan, waarvan die ekonomie stagneer al vir meer as 'n dekade, toon die syfers 'n afname in ekonomiese en politieke mag. Japan was die wêreld se tweede grootste ekonomie vir 'n groot deel van die laaste vier dekades, volgens die Wêreldbank. En gedurende die 1980's, was daar selfs sprake dat Japan se ekonomie dié van die Verenigde State sal ore aansit.
Maar terwyl Japan se ekonomie volwasse is en sy bevolking vinnig verouder, is China in die greep van verstedeliking en onderontwikkel, sê ontleders, wat beteken dat dit 'n veel laer standaard van lewe het, sowel as baie meer ruimte om te groei. Net vyf jaar gelede, was China se bruto binnelandse produk ongeveer $2 300 000 000 000, ongeveer die helfte van Japan s'n.
Hierdie land het min of meer dieselfde landmassa as die Verenigde State, maar dit is belas met 'n vyfde van die wêreld se bevolking en onvoldoende hulpbronne.
Die per kapita inkomste is meer op 'n gelyke voet met dié van arm lande soos Algerië, El Salvador en Albanië - naby aan $3 600 - terwyl dié van die Verenigde State oor die $46 000 is.
China is reeds 'n groot dryfveer vir wêreldwye groei. Die land se leiers het meer selfvertroue op die internasionale toneel en het begin om 'n groter invloed in Asië, Afrika en Latyns-Amerika uit te oefen, met dinge soos spesiale handelsooreenkomste en multimiljard hulpbronprojekte.
"Hulle het 'n groot invloed uitoefen op die werking van die globale ekonomie en is steeds dominant in Asië," sê Eswar S. Prasad,' n professor in handelsbeleid aan Cornell en die voormalige hoof van die Internasionale Monetêre Fonds se China-afdeling. "Daar is baie ander ekonomieë in die streek wat hoofsaaklik ry op China se rokspante, en dit is merkwaardig vir 'n ekonomie met 'n lae inkomste per kapita."
In Japan, is die stemming een van aanvaarding. Japan het voordeel getrek uit 'n vinnig groeiende China, aanvanklik deur besighede wat produksie daarheen geskuif het om voordeel te trek uit die laer lone en, soos plaaslike inkomste gestyg het, deur 'n groot en toenemende winsgewende mark vir Japannese goedere.
Beijing wil ook die globale dialoog oor die dollar wat moet uitgefaseer word as die wêreld se primêre reserwegeldeenheid, beïnvloed.
En terwyl die Verenigde State en die Europese Unie sukkel om te groei in die nasleep van die ergste ekonomiese krisis in dekades, het China voortgegaan om te klim om in die ekonomiese liga van swaargewigte te kom deur te belê in infrastruktuur en 'n $586 000 000 000-stimulusplan.
China se ekonomie sal na skatting ongeveer met 10% groei hierdie jaar - 'n merkwaardige drie-dekade lopie van dubbelsyfer groei.
"Dit is net die begin," sê Wang Tao, 'n ekonoom by UBS in Beijing. "China is nog 'n ontwikkelende land. Daarom is daar baie ruimte om te groei. En China het die grootste impak op kommoditeitspryse - in Rusland, Indië, Australië en Latyns-Amerika.
Daar is groot uitdagings in die toekoms, alhoewel. Ekonome sê dat China se ekonomie ook baie afhanklik van uitvoer en beleggings is en dat dit groter binnelandse verbruikersbehoeftes behoort aan te moedig - iets wat China gesukkel het om te doen.
Die Verenigde State, die Europese Unie en ander beskuldig Beijing dat hulle die Sjinese geldeenheid, die renminbi, kunsmatig laag hou om uitvoere te bevorder - wat lei tot 'n groot handelsoorskot vir China, en aansienlike bilaterale handelstekorte vir die Verenigde State en die Europese Unie.
Ongeag, China se vinnige groei dui daarop dat dit sal voortgaan om fel mee te ding met die Verenigde State en Europa vir natuurlike hulpbronne, maar bied ook groot geleenthede vir maatskappye wat gretig is om die mark te tap.
Dit, sê Lardy by die Peterson Instituut, gee die land ongewone krag. "China is al die primêre determinator van die prys van byna elke belangrike kommoditeit," volgens hom.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





