Die daling is verlede week reeds deur die departement van energie aangekondig.
Die prys van 93 oktaan loodvrye petrol en LRP sal 15 sent per liter minder wees, terwyl 95 oktaan loodvrye petrol se kleinhandelsprys met 18 sent gedaal het.
Die groothandelsprys van diesel het met tussen 15 en 16 sent per liter gedaal.
'n Liter 95 oktaan loodvrye petrol in Gauteng sal voortaan agt-rand-27 kos.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





