Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) het Sondag 'n aamtal mense in hegtenis geneem, wat glo vir Rusland gespioeneerhet.
Die 11 aangeklaagdes het na bewering gepoog om kringe waar Amerikaanse regeringsbeleid bepaal word, binne te dring.
Hulle het glo van sowel gesofistikeerde tegnologie asook boodskappe in onsigbare ink gebruik gemaak om inligting oor te dra.
Een verdagte, Christopher Metsos, is op Ciprus se Larnaca-lughawe in hegtenis geneem.
Die inhegtenisname volg nadat die verdagtes se huise deursoek is en hulle lank dopgehou is deur die FBI.
Rusland het die aantygings verwerp.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





