praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake De Klerk bietjie bekommerd oor landbou

De Klerk bietjie bekommerd oor landbou

E-pos Afdruk PDF

Die voormalige staatspresident F.W. de Klerk het gister gesê dat Suid-Afrika op 'n "Zimbabwe" afstuur indien grondhervorming op dieselfde wyse as tans voortgaan.

De Klerk het in Kaapstad 'n aantal sakeleiers op Fortune, Time en CNN se wêreldforum toegespreek. Volgens die oudstaatshoof speel "ideologie" 'n te groot rol in die landbou en kan voedselsekerheid in die gedrang kom. De Klerk se siening oor kommunisme het heelwat na regs verskuif want hy het gister gesê: "Ideologie het in lande soos Rusland die landboubedryf duur te staan gekom. Ons sit in hierdie land met daardie uitdaging. Ek herhaal: haal ideologie uit landbousake, anders is Zimbabwe jou voorland."

Desnieteenstaande is De Klerk steeds 'n ondersteuner van "omvattende grondhervormingspogings" en dat swart boere plase moet kry, asook meer hulp om sulke plase te bedryf. "Ons het hier gesien hoe boere in die steek en sonder finansiering of ondersteuning gelaat word. Dit knou produksie en laat dit in sommige gevalle heeltemal tot stilstand kom."

Is De Klerk ten gunste van kollektiewe boerdery soos dit destyds in Oos-Europa toegepas is? Die oud-NP-leier het hom soos volg ten gunste van privaateiendom uitgespreek: "Eienaarskap verskaf die dryfkrag vir verbouers om genoeg te produseer en in hul ondernemings te belê. Dít stimuleer produksie en gee voedselsekuriteit."

Die ANC beskik oor verskeie radikale planne om grondeienaarskap in Suid-Afrika feitlik te beëindig ten gunste van 'n huurpagstelsel. Blanke boere gaan ook gedwing word om 40% van hul plase met regeringsaangestelde swartes te deel.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: