praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Iemand gaan wins uit die Fifa-wêreldbeker maak – al is dit dalk nie SA nie

Iemand gaan wins uit die Fifa-wêreldbeker maak – al is dit dalk nie SA nie

E-pos Afdruk PDF
Solank hul manne in Oranje wen,so lank gaan die Nederlandse ekonomie baat by die Fifa-wêreldsokkerbeker. So flink verkoop aandenkings in Nederland – selfs vuvuzelas, dat elke Nederlander gemiddeld 47 euro's "wins" gaan maak – 'n totaal van 600 miljoen euro's wat regstreeks en onregstreeks in die Nederlandse ekonomie in omloop kom.

Solank hul span wen. Want dan is die ondersteuners geneig om nog 'n ekstra biertjie weg te slaan en 'n pizza te bestel.

Die 47 euro's wat die gemiddeld Nederlander "wins" maak, is maar 'n druppel aan die emmer van die verwagte 800 euro's wat die sokkermal Brasiliane "wins" gaan maak.

Daar is egter ook 'n ander kant aan die euro. Een uit vyf Nederlanders dui ook aan dat hulle beplan om in werkstyd na die sokker te kyk, wat 'n geraamde 1,5 miljoen werksure verlore sal laat gaan. Wat dit die ekonomie gaan kos, is nog nie bepaal nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: