praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Brandstof 'n kopseer, krag nie, hoor parlement

Brandstof 'n kopseer, krag nie, hoor parlement

E-pos Afdruk PDF
Maurice Radebe, voorsitter van Sapia, die Petroleumbedryfsvereniging, het in die parlement aan die staande komitee oor die aangeleentheid gesê die Transnet-staking kan op die lange duur brandstofvoorsiening tydens WB 2010 ontwrig.

Alwie Lester, 'n hoofbestuurder by Eskom, het parlementslede egter gerusgestel dat kragvoorsiening aan die gasheerstede gewaarborg is. Hy het gesê die kans dat kragonderbrekings sal voorkom, is “uiters skraal”.

Eskom sal tussen 10% en 15% reserwekrag hê vir die WB omdat hulle krag sal invoer van Mosambiek om voorsiening met 500 MW te verhoog. Steenkoolvoorraad is ook aangevul.

Die vervoer staking bly 'n kopseer. Tans staak tussen 40% en 60% van Transnet se werknemers.

In 'n voorval verlede week is ’n trein wat brandstof van Durban na Gauteng vervoer, weens beweerde sabotasie ontspoor.

Vliegtuigbrandstof kan ook deur die staking geraak word.

Bongani Maseko, die lughawensmaatskappy Acsa se bedryfsbestuurder, sê vliegtuigbrandstof moet deurlopend voorsien word en ’n staking hou 'n risiko in.

Omdat lugverkeer dramaties gaan toeneem, sal Acsa onder druk wees as sy voorraad nie daagliks aangevul word nie.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: