Die vakbond, United Transport and Allied Trade Union (Utatu) en Transnet het ’n loonooreenkoms bereik.
Indien die aanbod deur vakbondlede goedgekeur word, sal die staking wat spoorweë- en haweverkeer vir die afgelope week lam gelaat het, beëindig word het ’n amptenaar Woensdagoggend gesê.
"Ons het reg deur die nag gesit en onderhandel. Daar is ‘n ooreenkoms bereik wat ons na ons lede sal neem. Die besonderhede betreffende die ooreenkoms kan nie op die stadium bekendgemaak word nie,” het George Strauss, president van Utatu aan Reuters gesê.
Hy het egter bygevoeg dat die staking sal voortgaan totdat die werkers die aanbod goedkeur.
Sowat 85% van Transnet-werkers is sedert verlede Maandag besig om te staak.
’n Aparte skikking is bereik om die staking teen die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap (Prasa), wat miljoene penedelaars die afgelope week gestrand gelaat het, tot ‘n einde te bring.

| < Vorige | Volgende > |
|---|