praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Onrus by Impala Plats, Rustenburg

Onrus by Impala Plats, Rustenburg

E-pos Afdruk PDF
Meer as 100 mynwerkers is by Impala Platinum se Rustenburg-myn in hegtenis geneem Donderdag na gewelddadige betogings, het die Noordwespolisie gesê.

"Hulle word aangehou by 'n plaaslike polisiestasie en die presiese syfer sal bekend gemaak word wanneer die proses voltooi is," het Brigadier Thulani Ngubane gesê.

Ngubane het gesê dat 500 polisielede van oral oord die provinsie by die myn ontplooi is en daarin geslaag het om die geweld onder beheer te bring.

"Ons is besig met 'n skare van ongeveer 5000. Ons het beheer van die mynskagte, en hoop dat daar geen onderbreking môre (Vrydag) sal wees nie," het hy gesê.

Vroeër, het Ngubane die situasie as baie vyandig en gespanne by die myn beskryf. 'n Polisie-helikopter en die onlustepolisie is ontplooi om kalmte te handhaaf.

'n Man het Woensdagaand in 'n ambulans gesterf nadat hy naby die myn geslaan en sy klere uitgetrek is.

Vroeg op Donderdag, het mynwerkers in Phokeng begin versamel, en glo mense geïntimideer en aangerand wat probeer het om by die werk in Rustenburg te kom.

Hulle het die No 9 - pad versper, in die rigting van Freedom Park, en klippe gegooi na motors, insluitend die polisievoertuie, en 'n polisievrou oor die kop geslaan. Sy is by 'n plaaslike kliniek behandel en ontslaan.

Om 08:00, het die skare die satelliet-polisiekantoor in Freedom Park aan die brand gesteek. Die polisie het later 8 mense in hegtenis geneem wat probeer het om die winkels in die gebied te plunder, volgens die polisieverklaring.

Teen 10:00, het die skare 'n drankwinkel naby die myn se Hostel 8, sowel as twee winkels begin plunder. Twee mense is in hegtenis geneem.

Ngubane het gesê die polisie is nie toegelaat om rubberkoeëls te gebruik om die skare te beheer nie.

Dit is as gevolg van kommer oor die hoë aantal beserings en ten minste een dood wat verband hou met die gebruik van rubberkoeëls vir die beheer van skares.

Die polisie het die mynbestuur, vakbonde en leiers in die skare aangemoedig om "rondom die tafel te sit en met 'n vriendskaplike oplossing vir die probleem te kom".

"Spanning loop baie hoog ... Ons hoop dat die bestuur sal luister na wat ons sê, want dit help nie om arrogant te wees wanneer die maatskappy geld verloor nie," het 'n woordvoerder van NUM gesê.

Die mense is glo deel van die groep van meer as 17 000 mynwerkers wat in Januarie afgedank is nadat hulle aan 'n onwettige staking deelgeneem het.

Die myn kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Intussen het die Financial Times in Londen berig dat die platinumbedryf nie meer sulke hoë opbrengste bied nie. Dit sal dus voordelig vir dié myne wees indien die produksie afneem, om die prys hoër te druk.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: