praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Huisprysskok!

Huisprysskok!

E-pos Afdruk PDF
'n Verslag deur 'n topeiendomsekonoom Donderdag meen dat Suid-Afrikaanse huispryse met soveel as 25% oorgewaardeer word, en dat dit "baie jare" vir pryse kan neem om te val in lyn met die werklike waardes.

Die verslag kom ten spyte van eiendomsagente wat daarop aanspraak maak dat SA 'n kopersmark is en dat dit nog nooit goedkoper was om te koop as nou nie.

In die jongste uitgawe van die Rode-verslag oor die Suid-Afrikaanse eiendomsmark, sê Erwin Rode, uitvoerende hoof van Rode & Associates, dat reële huispryse - inflasie uitgesluit - nog steeds 25% hoër is as aangetoon deur hulle tendenslyn van die afgelope 44 jaar.

Rode het gesê navorsing met behulp van Absa se huisprys-indeks - wat verantwoordelik is vir 'n derde van die land se verbandfinansiering - en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se boukoste-indeks het getoon dat huispryse opgeblaas word.

"Die implikasie is dat 'n hervatting in die afwaartse tendens in reële huispryse onvermydelik is - dit is net 'n kwessie van tyd en spoed," het Rode gesê.

"'n Daling in reële huispryse sal nie noodwendig beteken dat nominale pryse sal daal nie. 'n Meer waarskynlike uitkoms is dat nominale pryse kan groei, sê, met 2% per jaar vir 'n paar jaar, terwyl inflasie op, sê, 6% is."

Verlede jaar was 'n taai een vir eiendom, en die mark sukkel nog steeds om te herstel na die afgelope drie jaar se afswaai.

Mense wat die residensiële eiendomsmark betree het 'n moeilike keuse tussen koop en huur met die onsekere ekonomiese vooruitsigte vir ten minste nog 'n jaar. Rode sê voornemende eerste kopers moet liewer huur in die volgende vyf jaar as koop omdat oorgewaardeerde huise nie kapitale groei sal wys nie.

"Dit sal dit baie jare neem vir die pryse van residensiële eiendomme om in lyn te kom met hul werklike waarde, en Suid-Afrikaners is beter af deur die verskil tussen hulle huurpaaiemente en wat hulle sou betaal het in 'n verband elke maand, elders te belê," het hy gesê.

Maar Jawitz Properties se Herschel Jawitz het gesê die jongste Absa-navorsing het getoon dat die pryse van residensiële eiendom reeds met 14% in reële terme gedaal het.

"Dit sal die totale afname vorentoe op ongeveer 40% bring. Ek sien dit eenvoudig nie gebeur nie, veral nie in die metrogebiede soos Johannesburg, Kaapstad en Durban nie," het Jawitz gesê.

Hy het gesê in hierdie gebiede is daar steeds 'n aanvraag vir eiendomme wat nie te duur is nie.

"Dit is baie anders aan die kus waar die vraag sag is op alle prysvlakke en reële pryse vir 'n geruime tyd sal voortgaan om te daal."

Lanice Steward, besturende direkteur van Anne Porter Knight Frank, het saamgestem dat die nasionale statistieke nie Kaapstad se pryse reflekteer nie.

Rode het gesê die vorige groei in huispryse kan deels toegeskryf word aan "irrasionele uitbundigheid". Oor die afgelope 10-20 jaar het kopers pryse betaal bo vervangingswaarde met veroudering in ag geneem, het hy gesê.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: