Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het soos allerweë verwag is, die terugkoopkoers onveranderd op vyf komma vyf persent gehou.
Die president van die Reserwebank, Gill Marcus sê geadministreerde pryse bly 'n bron van kommer.
Marcus het hoë elektrisiteitspryse genoem en ook gesê kospryse is 'n belangrike faktor wat inflasie aanblaas.
Marcus sê plaaslike ekonomiese groei sal na verwagting vanjaar 'n gemiddeld van twee komma agt persent wees en aanstaande jaar drie komma agt persent.
Marcus sê die internasionale ekonomiese voortuitsigte is wisselend met positiewe syfers oor werkskepping in die VSA en kommer oor die Europese skuldkrisis. Sy sê China behoort nie erg geraak te word nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





