praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake 'VSA het oorlog teen Europa verklaar'

'VSA het oorlog teen Europa verklaar'

E-pos Afdruk PDF
Een van die Europese Parlement se mees invloedryke lede, die Duitse Christen-Demokrate se Elmar Brok, het verklaar dat Standard & Poor's se besluit om kredietgraderings van nege eurosonestate afwaarts aan te pas, deel is van 'n "oorlog" wat deur die Verenigde State van Amerika teen die euro en Europa self gevoer word.

In 'n onderhoud met die Duitse dagblad Die Welt, het Brok gesê "die afgradering is 'n geteikende aanval op Europa deur die Amerikaanse agentskap." Hy dring daarop aan dat daar geen "geloofwaardige gronde" vir die afgradering bestaan nie, sê Brok. "Gevolglik, is die S & P se besluit 'n saak van belange. Hulle het 'n valuta-oorlog teen ons verklaar."

Gevra of hy bedoel het dat die Verenigde State 'n "finansiële oorlog" teen Europa voer, het Brok gespesifiseer: "Sekere magte in die VSA, in die besonder in die wêreld van finansies. Dit is duidelik dat hulle een en enigste doel is om op hierdie manier die Anglo-Saksiese belange ten koste van Europa te bevorder. Hulle wil die eurosone vernietig, om geld te maak," het hy bygevoeg.

'n Lid van die Europese Parlement sedert 1980, is Brok tans die buitelandse sake-woordvoerder van die parlementêre groep van die Europese People's Party (EPP). Die EPP, wat die Duitse Christen-Demokrate insluit, het die grootste groep van die afgevaardigdes in die parlement.

Brok was voorheen, vanaf 1999 tot 2007, voorsitter van die parlement se komitee vir buitelandse sake. Volgens bronne sal hy na verwagting weer die pos beklee wanneer die komitee volgende week heraangewys word. Die redaksie van Die Welt het ook beklemtoon dat hy "bekend is as 'n uitstekende kenner van die VSA."

In die onderhoud, vaar Brok uit teen die "Anglo-Saksiese" media wat die taak vir die aanbieding van 'n "totaal valse beeld van Europa" op hulself geneem het. Hy wys in die besonder op die rol wat die "mediaryk van die verklaarde anti-Europese Rupert Murdoch" daarin speel.

"Vir iets om te verander," sê hy, "moet die Duitse en ander kontinentale Europese uitgewerye bymekaarkom en 'n Engelstalige ekonomiese [nuus]agentskap skep, ten einde die Europese siening van dinge aan te bied."

Tesame met sy diens in die Europese parlement, is Brok self lank reeds 'n werknemer van Duitsland en Europa se grootste mediagroep: Die Bertelsmannmaatskappy. In 'n 2004-onderhoud met die Duitse dagblad Die Tageszeitung, gesels hy oor sy besondere insigte in die werkinge van die media.

Reeds in Desember, toe Standard & Poor's die eerste keer aangekondig het dat hulle die afgradering van die kredietgradering van die eurosonelande oorweeg, het Rainer Brüderle, 'n prominente lid van die Duitse Bundestag, gesê dat die Amerikaanse krediet-agentskappe in 'n "sameswering" teen die euro betrokke is.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: