'n Amerikaanse federale hof het 'n skikking van twee miljard rand in 'n toetssaak bekragtig teen die wêreld se grootste diamantverskaffer, De Beers.
De Beers Suid-Afrika word daarvan beskuldig dat hy die Amerikaanse mark manipuleer om die prys van ongeslypte diamante kunsmatig op te stoot.
Die maatskappy het daarna ingestem om twee miljard rand aan Amerikaanse kleinhandelaars, juweliers en verbruikers te betaal wat diamante sedert 1994 aangekoop het.
'n Paneel van drie regters het in Julie verlede jaar die skikking nietig verklaar.
'n Volbank van die Amerikaanse Appèlhof het egter nie met die uitspraak saamgestem nie en die skikking weer bekragtig.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





