praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake SEB raak swarter

SEB raak swarter

E-pos Afdruk PDF

In die Wysigingswetsontwerp op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging gaan daar nie meer punte vir wit vroue en gestremdes toegeken word nie.

Dus gaan die aanstelling van wit vroue en gestremdes nie meer maatskappye se bemagtigingsgradering verhoog nie.

Die wysigingswetsontwerp is vroeër vandeesmaand in die Staatskoerant gepubliseer.

Maatskappye het in die verlede wit vroue en gestremdes aangestel om hul SEB-gradering te verbeter, maar dis nou iets van die verlede.

Swart vroue gaan voortaan voorrang bo wittes geniet, omdat dit vir sakeondernemings meer SEB-punte gaan inbring.

Die wetsontwerp sluit 'n gedetaillerde definisie van 'n swarte in en 'n ouditeur sal jaarliks 'n sertifikaat uitreik om die SEB-gradering te bevestig. Tronkstraf en 'n swaar boete wag op oortreders.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: