praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Dis Sasol teen Shell

Dis Sasol teen Shell

E-pos Afdruk PDF

Die petroleumreus Shell bly verbind tot sy voorneme om skaliegas in die Karoo te ontgin en het aansoek om eksplorasieregte by die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (Pasa) gedoen.

Jan Willem Eggink, hoofbestuurder van Shell SA Upstream, het gesê sy maatskappy bly steeds verbind tot die skaliegasprojek. "Ons is nog steeds verbind tot skaliegasontginning in die Karoo."

Sasol het egter intussen aangekondig dat hy sy planne sal opskort en die regering se moratorium sal steun. Die moratorium, wat in April ingestel is, geld steeds.

Die regering het voorheen aangekondig dat die moratorium tot Februarie 2012 sal geld.

Sasol, Chesapeake en Statoil, het in November 2010 studies oor die gaspotensiaal in die Karoo onderneem. Staatsvergunning vir hul geologiese opnames het op 17 November 2011 verval.

Sasol het intussen besluit om voorlopig eers van sy Karoo-gasplanne af te sien en nie aansoek om eksplorasieregte te doen nie.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: