By 'n geleentheid wat georganiseer is deur die Kanadese en Suid-Afrika Sakekamers, het Godsell gesê die kans dat die myne genasionaliseer word, is so onwaarskynlik as wat die Tea Party in die Verenigde State in staat sou wees om die VSA se Federal Reserve af te skaf.
Hy het gesê die jeugliga van die ANC het onrealistiese en onuitvoerbare antwoorde op sommige absoluut noodsaaklik vrae ontwikkel. Godsell is die voormalige uitvoerende hoof van AngloGold Ashanti en 'n lid van Suid-Afrika se Nasionale Beplanningskommissie.
Hy het gesê as vergoeding vir die myne in ag geneem word, sal dit triljoene dollars wees, wat die Suid-Afrikaanse regering nie het nie.
"En om dit te doen sonder vergoeding, het jy nodig om ons Handves van Menseregte te verander, en daarvoor het jy 'n 75% meerderheid in die Suid-Afrikaanse parlement nodig, en ek kan absoluut geen kans sien dat die meerderheid ooit behaal sal word nie."
Suid-Afrika is een van die wêreld se top-platinum- en goudprodusente en Malema se oproepe vir die nasionalisering van die myne om armoede en ongelykheid te verminder, het die beleggers in Brittanje en Amerika ontstig.
Godsell het gesê die omvang van armoede, werkloosheid en ongelykheid in Suid-Afrika is groot, maar die antwoorde wat deur Malema en sy ondersteuners voorgehou word, is onhoudbaar.
Godsell het integrasie voorgehou as die oplossing vir Suid-Afrika.
"Dit is nie moontlik om 'n behoorlike geïntegreerde samelewing te bou met hierdie vlakke van ekonomiese uitsluiting nie, so daar moet iets gedoen word, dis vir my heeltemal duidelik," sê Godsell, wat steeds optimisties is oor die vooruitsigte vir groei in beide Suid-Afrika en die hele vasteland.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





