Die Duitse minister van Finansies, Wolfgang Schäuble, het Griekeland gewaarsku dat hy dalk uit die Eurosone sal moet uittree indien die jongste Europese reddingspakket in 'n referendum verwerp word.
Kanselier Angela Merkel en die Franse president, Nicolas Sarkozy, sal binnekort dringende samesprekings met die Griekse eerste minister, George Papandreou, voer nadat hy onverwags aankondiging het dat Griekeland 'n referendum sal hou oor die reddingspakket.
Die Rand het in oornaghandel met net meer as een persent gedaal te midde van beleggers wat ontslae geraak het van hoë risiko bates oor onsekerheid weens die skuldkrisis in die Eurosone.
Asiese aandele, die Euro, kommoditeite en die Australiese dolldar het ook vanoggend gedaal oor vrese dat Europa se skuldkrisis finansiële chaos tot gevolg sal hê en dat beleggers weer die veiligheid van die dollar sal opsoek.
Amerikaanse aandele het ook gedaal, terwyl die leiers van die wêreld se grootste ekonomieë in Frankryk begin aankom vir die G20 beraad. Pres. Zuma sal ook die beraad bywoon.
Dié byeenkoms sal oorheers word deur die moontlikheid dat Griekeland uit die Eurosone sal tree.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





