Die Reserwebank sê hy gaan die maatreëls oor buitelandse valuta-beheer vir individue verder verslap, wat dit makliker sal maak vir persone om tot vyf miljoen rand per jaar in die buiteland te belê.
Die Bank sê hy sal ook maatskappye toelaat om kapitaal in buitelandse besighede te verhoog, en maatreëls verslap vir korporasies wat buite hulle huidige belange wil belê. Beperkings vir individue op onderhoud-, huweliks- en reistoelae gaan geskrap word.
Dié veranderings is die jongste stap deur die Reserwebank om weg te beweeg van streng beheer oor buitelandse valuta-vloei uit Suid-Afrika.
Die Bank gaan binne 'n maand verdere besonderhede bekend maak.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





