'n Ekonoom van KADD Capital, Elize Kruger sê Suid-Afrikaanse huishoudings staar 'n droewige feestyd in die gesig, terwyl verbruikersbesteding onder verdere druk verkeer.
Kruger sê die grootste sondebokke wat verbruikers se sak ruk, sluit in hoër elektrisiteits- en watertariewe, terwyl voedselpryse ook skerp gestyg het.
Sy sê dit word vererger deur die toename in werkloosheid. Kruger verwag verder dat brandstofpryse vir die tiende keer vanjaar in November sal styg.
Petrol gaan waarskynlik 20 sent per liter duurder word, diesel 24 sent en paraffien met 27 sent per liter.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





