Die Bank van Engeland se goewerneur, Sir Mervyn King, het ná die besluit deur die Bank se Monetêre Beleidskomitee om £75 miljard van nuutgeskepte geld te druk, gesê die wêreld staar die ergste krisis sedert 1930, of "van alle tye" in die gesig.
Dié besluit is geneem in 'n desperate poging om te verhoed dat 'n nuwe kredietkrisis en 'n Britse resessie uitbreek.
Ekonome het gesê dat die Bank se besluit om sy kwantitatiewe verligting [KE], of bate-aankoopprogram te hervat, meer sulke stappe in die toekoms voorspel.
Sir Mervyn het gesê die bank is daartoe genoop deur die groeiende tekens van 'n wêreldwye ekonomiese ramp.
"Dit is die mees ernstige finansiële krisis wat ons gesien het, ten minste sedert die 1930's, indien nie ooit nie. Ons het met baie ongewone omstandighede te make, waar ons rustig moet optree en die regte ding doen."
Lees verder.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





